#AlumniVirAfrikaans

Onthou jy sêrrie, blikskud, vlotbou, gangsport en jool saam met mooi meisies? Koshuistradisies wat jou laat terugverlang na ou pêlle wat jy vandag nog bel, en laatnagreünies langs kampvure. ʼn Universiteit was die plek waar jy beide opgelei en opgevoed is. Jou alma mater - ʼn gevoel van trots wat jou hart laat swel het.

Dit was die tyd toe jy nog tuis kon voel om in Afrikaans te studeer, toe tradisies en kultuur iets mooi en edel was en jy veilig en ononderbroke in jou moedertaal kon klasdraf. Dit was die tyd toe standbeelde nog staande was, en klasgelde nog opgespoor moes word (en nie laat vaar moes word nie). Standaarde was hoog en professors kwaai, maar dit was ook ʼn tyd wat manne en vroue, soos dr. Anton Rupert, dr. Chris Barnard, dr. Miemie Coertze, Sandra Prinsloo, Andre Markgraaff, en Hansie Cronje opgelewer het.

Maar kampusse is nie meer veilig nie. Tradisies word afgeskaf, standbeelde word afgebreek en studentebetogings is aan die orde van die dag. Klippe word gegooi, en Afrikaans is nie meer welkom op kampus nie.

Vandag sê ek egter genoeg is genoeg. Ek sal deel vorm van nuwe hoop en nuwe trots. Ek sal help bou aan universiteite en opleidingsinstellings, soos Akademia en Sol-Tech deur n eenmalige of maandelikse skenking aan die #AlumniVirAfrikaans-studiefonds te maak, of 'n testamentêre bemaking te oorweeg.

VANDAG KIES EK OM TE BOU!

"*" indicates required fields

Naam en Van*
Is jy 'n student?*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Skenk hier

Donasie aan AlumniVirAfrikaans

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.

 

Besoek Testamentêre Bemakings

Bou Beroepe

Jy kan 'n REUSEVERSKIL IN 'n jongmens se LOOPBAAN MAAK!

Besoek #BaanDieWeg

Scroll to Top